Karlien van Jaarsveld

Borge & Vriende
 

Jongste Nuus

Nuusbrief Nr.3, 2013

06-11-2013
Hello… Sjoe ek voel nogals soos 'n vreemdeling op my eie nuusbrief, ekt so lanklaas vir julle geskryf, en SOVEEEEEEEEEEEL goed het al in tussen gebeur…
 
Daar's 'n nuwe cd vrygestel. Hy platinum gegaan. Daar's 'n nuwe fliek wat uitkom. Ennnnnn, EK IS SWANGER…. EN DIS TWEELING….. SEUNS!!!!!!
 
As ek terug kyk sover op 2013 was die jaar vir my 'n groot blessing uit die Here se hand. Een van my gunsteling jare nog. Die hoogtepunt van ALLES, is ons seuns. Van die oomblik wat ons uitgevind het ek is swanger, tot die eerste sonar wat gewys het daar is 2 babatjies, tot die eerste beweging wat ek begin voel het, en elke dag se skoppe wat hulle my gee… Weet nie hoe my ribbekas dit gaan hou nie maar ek weet die Here weet wat Hy doen en ek weet Hy het 'n plan met hulle twee se lewens gehad al lank voor die grondlegging van die wereld nou moet hulle net daarin loop en ek bid dit elke dag oor hulle. Met my swangerskap was my hart ten minste al elke week iewers seer vir mense wat nie swanger raak nie en mammas wat babas verloor, my hart breek vir hulle, dis so so hartseer. Ek wens niemand hoef daardeur te gaan nie. Ek hoop julle weet ek bid saam julle en soos die Woord van God se, ons treur saam mekaar wanneer jy huil huil ek saam. God se planne is groter as wat ons ooit sal begryp. Verder wil ek ook se ek het nog nooit soveel swanger vrouens in my lewe gesien soos nou nie, en ek hoor van soveeeeel wonderwerke, ek prys die Here.
 
Ek het vir julle op die stel van As Jy Sing geskryf toe ons besig was met die skiet van die fliek, en nou is Hy klaar en julle kan dit sien!! Ek hoop julle gaan dit almal gaan sien… Dis 'n baie oulike, lekker lag, goeie musiek film… Sien uit om te hoor wat julle gaan se daarvan!! Dis die eerste keer wat ek teenoor my broer moes speel, dit was baie vreemd, want jy moet maak of jy iemand wat jy al jou lewe lank ken, nog nooit ontmoet het nie… Dis moeilik… Maar dit was regtig 'n great ervaring. Eks baieeeeeee trots op my broer, hy speel regtig ongelooflik goed in die fliek. Dis regtig nogals iets om te sien… En dan maak Hanna Grobler en Robbie Wessels mens natuurlik hardop lag, hulle is nogals 'n wen kombinasie! Bok speel 'n baie kwaai ou wat eintlik skuil agter sy seerkry, en hy is my verlore liefde in die fliek… so dit raak nogals intens hoor. Maar overall is dit regtig net 'n lekker fliek. Ek hoop julle geniet dit baie!!!
 
DANKIE DANKIE DANKIE DANKIE DANKIE DANKIE DANKIE DANKIE X 10000000 aan elkeen wat my album UITKLOPHOU gekoop het en dit kliphard luister en so hard saamsing dat die mense jou weird aankyk. Dis julle wat die werk die moeite werd maak deur en deur. Dankie vir julle tweets wat my ook op hoogte van sake hou, en julle fotos en videos. Julle het al soveel kere my dag gemaak. Ek lief julle, julle is wonderlike ondersteuners wat voel soos vriende…. DANKIE. 
 
Die eintlike rede hoekom ek besluit het om 'n nuusbrief te skryf vir julle, is om julle te vertel oor my besluit wat ek gemaak het om NIE meer 'n boek uit te bring nie. Ek is jammer as ek julle teleurstel hieroor, maar ek het na baie navorsing en gesprekke met verskillende mense, besluit om eerder nie aan te gaan met die boek nie. Die groot rede hiervoor is, ek besef dat die vrae wat by my uitgekom het nie in 'n antwoord in 'n boek mense se seer gaan wegvat, of hulle noodwendig uit hulle omstadighedes gaan help nie… Dis te diep, dis te seer, en 300 woorde is te min vir 'n antwoord. Ek weet nie wanneer laas ek in my lewe so baie gehuil het met die vrae wat ek van julle gekry het nie, ek het van julle begin persoonlik antwoord op die mails, want ek wil nie eers he dat jou vraag in 'n boek moet wees terwyl ek met alles binne my weet ek skryf 'n antwoord wat jou nerens gaan bring en werklik uit jou situasie gaan kan help nie. Ek wil nie 'n boek skryf om geld te maak en in die aande kan ek nie slaap nie omdat ek weet dat daar soveel meer dringende hulp nodig is nie. Daar is baie profesionele mense wat jare geswot het om hierdie tipe probleme uit te sorteer en soveel meer kennis in dit alles het as ek. Wat ek defnitief wel doen, is ek bid, baie, vir julle. Dis wat ons vir mekaar moet doen. Molestering en verkragting is die meeste mails wat deurgekom het, en neeeeeeee dis nie aanvaarbaar nie, dit moet nooit so wees nie, maak nie saak of dit jou pa jou broer of jou oom is nie, JY GAAN MOET PRAAT EN UITKOM DAARMEE. Ek is soooooooooo bitter jammer vir elkeen van julle wat daardeur moes gaan of steeds doen, dis nie die Here se hart nie. Mense is vuil en vrot van die wereld en die wereld se gebrokenheid, en deur hulle gebreektheid en leegheid, breek hulle jou. Dit hoort nie so nie. Asseblief girls, as daar eending is wat ek julle wil vra is, PRAAT!!!! PRAAT!!!!!! KOM UIT DAARMEE!!!! Die waarheid maak jou vry, en die Here se die goed moet aan die lig kom dis al waar dit genesing kry. In die duisternis word als net vrotter en vuiler, en viesliker. Al voel jy jy gaan jou ma of pa seermaak of teleurstel dis ok, want hulle verantwoordelikheid is om jou te beskerm tot jy 18 jaar oud is. Dis waaroor die liedjie HOOR HOE RAAS DIE STILTE, op my album gaan, is dinge soos hierdie. Daar is 'n nommer wat julle kan bel om met iemand te praat oor die seer goeters in jou lewe. Asb bel hulle. Jy moet. Moenie uitstel nie. Doen dit vandag nog. Jy verdien 'n vry lewe, waar jy die dinge van 'n kind kan doen, en nie hoef te worry oor sulke goed nie. Die nommer is 08000 55 555. Asb asb asb asb - bel hulle. ek pleit vandag by jou om nie stil te bly nie…...
 
Jammer as ek jou teleurgestel het dat ek nie meer die boek wil uitbring nie, maar ek glo julle kan verstaan wat ek se. Ek sal altyd eerder eerlik wees met julle as om julle in die donker te los of die media dink hulle eie storie uit om te skryf en die waarheid kom nooit by julle uit nie. Dankie vir julle liefde en ondersteuning… Julle is in my hart. 
 
Baie liefde
 
Karlien