Karlien van Jaarsveld

Borge & Vriende
 

Jongste Nuus

Nuusbrief Nr.1, 2013

30-01-2013

Dis 2 uur in die oggend.. Eks in Parys op stel vir die shoot van AS JY SING, ons nuwe fliek wat uitkom in November die jaar... Almal begin giggel vir als, wat deur die dag soos in glad nie snaaks sal wees nie #oormoeg, die crew hardloop mekaar deurmekaar met alles wat op stel moet gebeur, almal oefen lyne en danse en ek lê op 4 stoele langs mekaar gepak, naby aan uitpaas, maar ek moet wakker bly vir 'n scene saam Bobs (Bobby). Ek en my broer moet vir die eerste keer teenoor mekaar in 'n fliek speel (vir die wat al klaar weird begin dink, dis niks romanties nie, dit sal met weird wees #incest) so met daai tussen hakkies gedoen.. Kan ek nogsteeds nie ons rolle weggee of wat ons doen nie, maar een ding kan ek sê, ons lag baieeeeee vir mekaar en hy bly mar weird vir my.. Girls iets om na uit sien die man lyk nogals soos Brad Pitt oppi tv hoor.. Julle ganit like. En daar gaan my fantasy oor Brad Pitt by die venster uit... In 'n manier dink ek ons acting teenoor mekaar gaan alles meer eerlik wees, want ons ken mekaar al helemal te lank, so dis 'n goeie ding.. (Dink ek?) Kyk, parys is WARM!! maar mooi! Oulike dorpie met oulike mense.. Die tannies hier is almal vriendelik en maak blerrie lekke kos..! Ek en Franja Du Plessis deel 'n kamer hier in warm mooi Parys. (Vir die wat nie weet nie, Franja is Juanita Du plessis se dogter) sy is PRAGTIG!!!! haar mamma se ewebeeld, en die talent loop hoog daar! Julle gaan nog baie van haar sien..!!! Daar is soos 20 spinnekoppe in ons kamer, ekt nou al vriende gemaak want jy kani wen nie. #doom ai waar is spiderman as jy hom nodig het? Bok is ook hier maar hy lyk vir my maar self bang vir die spinnekoppe, so dit help nie. (hy dra selfs make-up vir die movie) hier is tot paramedics op die stel en glo my dit was al baie nodig, daar was al steke, inspuitings, maagvirusse (laasgenoemde kan nogals 'n shoot ophou as al die akteurs HEELTYD moet toilet toe) by steke en hospitaal aande.. Ok mar genoeg oor die fliek julle sal maar moet wag en sien!! Dink julle gaan dit LOVE!!!!

Julle!!!!!!! Ek trou oor soos 'n maand!!!!!! Ek kani glo nie!! Wat beteken ek kan dalk soos oor 2 maande swanger wees as die Here ons seën!!!! Wel ons gaan moet begin met 'n tweeling om by my broer hulle op te vang en teen daai tyd is hulle dalk weer swanger.. Met daai twee weet mens nooit nie. As ek hoor Annatjie is naar koop ek al doeke. Al die reëlings is al in plek nog net die blomme wat moet uitgesorteer word en die kos! Maar ek moet sê eks nou al oor die reëlings, ek wil nou net hê die dag moet kom, my rok moet mooi lyk en my Derick moet vir my staan en wag... Ag ek sien uit nou hoor!!!! Een van die dae Mev Hougaard. Ons trou in Stellenbosch tussen die wynlande.. Kan nie wag nie!!!!!! Sal vir julle foto's wys na die tyd.. Die honeymoon is 'n verrasing.. Maar dink dit gaan iewers koud wees.. Dalk skee..? Ek weet nog nie? Maar ek sien uit!!!!!! Sou net ons honde wou saamvat maar hoor hulle moet by die huis bly.... Lukas staan nogsteeds soos 5cm hoog en Juliette groei BY DIE DAG!!!! Dis 'n groot meisie.. En sy raak honger en baie dors.. Hulle sal seker by hulle ouma gaan bly in daai tyd (Ronel Brink) en wanneer ek hulle terug kry sal die twee buite piepie en heelwat meer maniere hê (né ma?) Derick wou hê ons moes in piketberg skousaal trou maar daai idee het dit nie gemaak nie.. Iets in my is bly.. #randomfact

Hier roep hulle my om te gaan shoot!!!!! Ok praat nou nou weer.. Hierdie is die scene waar ek en oops ek mag nog niks sê nie.. Ok sien nou weer..

Eks terug!!!!!! Daai was baie cool maar baie lank!!! Dis nou al 4 uur!! My oë brand al en die yskas met die red bulls in is toegesluit (ek weet dis in elk geval sleg vir mens maar sê maar net). Ok waar was ons?

Troue!!! Ek en Derick leer baie van mekaar elke dag, ons baklei ook en maak ook op en stamp ook kop en vergewe weer.. Maar hy IS die man vir my! Die een uit wie se sy ek gemaak is! Ek kan 'n lewe sonder hom lei maar dit sal nie 'n vol lewe wees nie, ek sal nie my volle potensiaal as maaksel van Vader kan word nie.. Hys 'n wonderlike mens, met 'n wonderlike hart wat my altyd eerste sit net na God. Hy's my anker en my sagter kant. Hy's 'n man wat my hart, wat so ver gebêre is in Jesus, gaan soek het en dit daar gekry het. Hy weet wie ek is omdat God hom daarvan wys maak, nie ek nie. En ja meisies, daai mans is nog daar buite, hou moed!!!

My nuwe album!!!!!!! Kom uit in April!! Ek het al so 6 songs opgeneem en ek LOVE dit!!! Ek hoop julle gaan ook!! Ek sal maar moet wag en sien.. Dankie dat julle so goed is vir my en my so lief het en ondersteun!! Julle maak elke laat uur, elke hart deel, elke show en nuwe cd die moeite werd. Ek lief julle baieeeeeeeeeeee!!!! Dankie dankie dankie uit my hart!!!!!!!!!!!!!!!!!!! ❤❤

Sjoe dit laat my dink ons gaan vinnig 'n musiek video moet inwerk voor die pens groei... Just saying...

Julle ek wil net sê.. Parys kan koud ook word.. Die tyd van die nag is die weer anders.. (4:15)

Ek mis nogals baie vir Derick vanaand.. Hy's saam die onder 21 bulle op een of ander kamp.. Die klomp stook mekaar lekker op vir die jaar se games.. Die manne is erg oor daai ovaal bal.. Maar lyk of hy dit baie geniet, dis net erg want ek kan sien hoe verlang hy na die game self en hy het nog baie speel in hom oor as sy voet net 100% wil genees.. Maar God se wil, nie ons sin nie.. Ek wil net hê hy moet eendag kan rondhardloop en bal skop saam ons kinders, dis baie belangriker as nog 'n game op loftus.. Hy gaan ons gesin se hero wees vir altyd.

Sjoe julle familie is belangrik.. Ek besef dit vanaand weer.. Vergewe eerder as om te haat, ons ken nie tyd en hoelank ons daarvan het nie. Ek weet dit klink al cliché, maar dink daaroor.. Dood is die finaalste ding wat daar is.. No turning back, geen jammer sê, of eks lief vir jou, of eks kwaad vir jou maar ek vergewe jou nie, dis klaar.. Liefde is alles. Ek sê nou die dag vir Derick, ek wonder of ons regtig verstaan wat die liefde is? Want God is liefde.. Die liefde is NIE JALOERS NIE, IS NIE AFGUNSTIG NIE, IS GEDULDIG... Ons sê so maklik ons is lief vir mekaar maar is ons al daai goed? Ek bid dat God ons elkeen sal kom leer van ware liefde, dat ons 'n verstaan daarvan sal kry en regtig ten volle sal kan lief hê. Ek dink dis 'n groot sleutel, wel, ek dink dis DIE sleutel tot lewe tot God tot vryheid tot vergifnis tot mekaar sien soos God ons sien tot geen veroordeeling. Al wat ek weet is ek het nog baie om te leer. Nog blerrie baie. En nog 'n lang pad om te stap. Maar alles moet iewers begin, en ek dink 'n belangrike begin punt om te begryp is dat JESUS DIE LEWE DEUR JOU LEWE AS JY! Jy hoef en kan niks doen om dit te verkry nie. Jy moet net in Hom wees en Hy in jou, wat gebeur wanneer jy tot redding kom en gedoop word met water en deur die Gees. Alles staan in die bybel. Waaroor wonder ons? Alles is daar. Ons hoef nie te wag vir die dominee om ons iets te vertel nie, God wil ons self vertel, ons moet net luister en intimiteit met Hom hê, ek belowe jou, Hy't 'n paar interessante dinge om te deel wat jy nog nie by iemand anders gehoor het nie. 'N nuwe openbaring wat Hy aan jou wil openbaar wat jy weer in die liggaam kan deel, en so leer ons saam meer en meer.. God is soooooo AMAZING!!!! Ai... Ek love Hom net!

Ok julle, ek moet nou 'n laaste shoot gaan doen.. Dankie vir jou tyd.. En liefde.. Sien jou iewers die jaar hopelik.. o ja HAPPY NEW YEAR! Ek hoop jyt 'n mooi dag verder en dat jy iewers vandag, of vir Vader sal hoor of sal sien.

Al my liefde

Karlien xxxxxxx

Nuusbrief Nr.3, 2012

28-08-2012

Môre, middag, naand, sambonani, sawubona... ( ok die laaste twee is ek nie seker of dit 'n groet is of hoe om dit te spel nie, maar ek groet almal wat die nuusbrief lees, watse tyd van die dag ookal)...

Kom ek begin met die slegte nuus... Nooit lekker nie maar wil dit uit die pad kry dat ons kan aangaan en praat oor die lekker dinge... 2 honde in 5 maande... Dood. Dis erg. Baboo en Moomin. Baboo met nierversaking, en moomin, 'n klein Yorkie wat by my bediende (my vriendin.. Ons is baie close) die aand gebly het en verstik het aan 'n hondepilletjie.. Syt nie geweet wat om te doen nie.. Sy het geloop met die dooie dingtjie na die diere hospitaal maar dit was 'n vakansie dag so alles was toe.. Katrientjie het vir 'n week aaneen gehuil. My hart was aanvangklik so seer oor moomin dat ek nie besef het waardeur Katrientjie gaan tot ek by die huis gekom het nie. Julle verstaan nie, dit het my gebreek om haar so te sien toe huil ek eers!! Want dit was nie haar skuld nie syt als gedoen wat sy gedink het sou werk.. Em toe sy ogies omdop toe dink sy hy kry koud toe hou sy hom warm die res van die aand.. Maar dis natuurlik waar hy sy laaste asempie uitgeblaas het. My hart was lanklaas so seer, dit was soos my babatjie.. Maar raai wat!!!?? Ek het nog ene gekry wat Derick vir my gekoop het (met 'n baie lang gesig), hy wil nie my weer so hartseer sien nie so toe is dit vir hom moeilik om weer een vir my te koop maar hy weet ek kan nie sonder diere nie!! Dis my maatjies!!! Die nuwe Yorkie se naam is Lukas.. ek weet almal sê dis nie 'n mooi naam nie en lag vir my so nou noem ons die klein baba Luka.. Hy's baie oulik, lyk nes moomoo maar hy's biki meer bles.. Sal maar vir hom Nioxin moet kry dat sy hare kan groei... Nee ek grap net hys mooi nes hy is!! Te flippen pragtig!

En daar stap ek op die verhoog met die Tempo toekennings, waar ek aangewys word as beste vroulike kunstenaar van die jaar en eks SO GESKOK, dat ek dié SLEGSTE speech van my lewe maak!! Ai. Hoe draai ek nou daai oomblik terug en hanteer dit beter..? Ek kan nie so ek leer maar daaruit. Ek voel sleg want dit is 'n toekenning wat God aan my wou gee en dis asof ek dit amper terug gegooi het in Sy gesig deur te dink dat ek dit nie verdien nie. Ek is sooooo dankbaar aan elke liewe een van julle wat vir my gaan stem het en so in my glo dat julle daai stemme deurstuur al kos dit julle wat. Julle maak my glo in myself. Julle is vir my ook 'n voorbeeld en inspirasie. DANKIE DANKIE DANKIE!! Dankie dat julle my lief het en my laat sien dat hierdie wel my roeping is. Ekt julle ook lief. En ekt ongelooflike waardering van elkeen van julle. my toekennings staan mooi hier in my kaste agter sulke glas. Dis 'n wonderlike voorreg. Maar op daardie noot, moet ons ALTYD besef dat ALLES OOR GOD GAAN, en nie oor my nie, Hy sit my daar vir 'n rede en ek moet aan Hom gehoorsaam wees anders mis ek die hele punt as ek begin dink dit gaan oor my en omdat ek goed is. Ek is en sal NOOIT iets wees sonder God nie.

Laat ek vir julle een ding belowe, stemrus is nie lekker nie. Dis stille nag orals in die huis en waar ek gaan. Ek het met gepraat wanneer ek regtig moes. Een ding is verseker, eks bitter bly my stem is terug en dat Jesus my so genees het. Regtig 'n wonderwerk vir my hoe getrou Vader is as jy REGTIG begin leer wat dit is om op Hom te begin vertrou.. En glo my ek het vir lank geglo ek vertrou op God maar Hy't my defnitief kom leer wat dit is om regtig totaal en al op Hom te vertrou! My stem was ooreis en God wou my laat rus en weer op 'n plek kom waar ek dinge in perspektief kon sien, dit gaan nie oor my nie, maak nie saak hoeveel ek ooit opgehemel word op die aarde nie, ALLES GAAN OOR GOD!!! Hy gee my net 'n platvorm waar Sy stem deur my gehoor kan word, eks slegs Sy instrument. Daarom moet ek seker maak dat ek altyd Sy stem kan hoor dat ek nie uit myself sal praat nie maar vanuit my posisie in Christus. Ek is slegs hier om dit uit te leef waarvoor God my op aarde gesit het. En as God op enige stadium besluit dat die deel van my roeping verby is en ek moet aangaan met my journey in iets anders, moet ek daarin kan rus vind omdat ek Hom werklik vertrou en omdat dit nie oor my gaan nie! So die stemrus het my goed gedoen in elke opsig. Ek wil vir julle sê ongelooflik baie dankie vir julle liefde en gebede vir my, dis so groot voorreg, dit beteken vir my ongelooflik baie. Ons moet vir mekaar bid.

Ek wil julle los met hierdie gedagte..

Jesus het elke dag mense offend deur goed wat Hy gesê het, omdat Hy die waarheid gepraat het. Hy't nooit vasgevang geraak in mense en menslike sienings en reëls nie. Hy't nooit gedoen wat die kerk of 'n voorloper van 'n gemeente vir Hom gesê het om te doen nie. Hy het slegs gedoen en gesê wat God met Hom gedeel het. En so baie mense het die waarheid en die Messias gemis omdat hulle aan reëls en voorgeslagte se vereistes vasgehou het. Hulle wou aanvaarbaar wees en inpas by die gemeenskap, terwyl Jesus Homself op 30 laat doop het, by tollenaars gaan eet het, met prostitute gepraat het, en met gewone mense sonder grade of aansien, sy vriende en volgelinge gemaak het. Hoe volg ons reëls en dinge omdat dit deur geslagte tradisie geword het, maar nie in die Woord van God gevind word nie, dan los ons Jesus agter en volg mense?

Liefde vir julle

Karlien